Inflasie sak effe terug

Die jaarlikse inflasiekoers was in Oktober 6 persent, vergeleke met die 7.1 persent wat in Oktober 2022 gemeet is. Op ‘n maandelikse basis was die koers onveranderd op 0.8 persent vergeleke met September, volgens die nuutste verbruikersprysindeks-verslag. Sone 1, wat die noordelike dele van die land insluit, het weer die hoogste inflasie beleef. Kosmos 94.1 Nuus het met Iipumbu Sakaria, woordvoerder van die Namibië Statistiek-agentskap gepraat oor die inflasiekoers in die sones.

Dit beteken mens sou in Oktober 249,97 Namibiese dollar per kilogram betaal vir filet steak in Sone 1, en 240,63 dollar in Sone 2. In Sone 3 was die prys die laagste, op 238,26 dollar per kilogram.