Keetmanshoop sny water, elektrisiteit af
Die Keetmanshoop munisipaliteit het begin om plaaslike regeringskantore, besighede en instansies se water en elektrisiteit af te sny oor onbetaalde munisipale rekeninge. Die dorpsraad word meer as 212 Namibiese dollar geskuld, ook deur inwoners. Die raad se waarnemende hoof uitvoerende beampte, Lee Mwemba, sê 83 kantore word geraak en die raad het reeds meer as 13 miljoen dollar se skuld ingevorder. Dit kom nadat die munisipaliteit skuldenaars gewaarsku het om hul rekenings teen 3 November te vereffen, of dienste sal gestaak word.