Laaste stryd om Wêreldbeker-halfeindronde

Nog net een plek is beskikbaar in die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi nadat Australië vir die voorlaaste ronde gekwalifiseer het met ʼn naelbyt-oorwinning met drie paaltjies oor Afganistan. Die Aussies sluit aan by Suid-Afrika en die gasheer, Indië, terwyl Afganistan, Nieu-Seeland en Pakistan sake moet uitspook om die vierde plek. Bangladesj, Sri Lanka, Nederland en Engeland het reeds uitgeval. Die groepwedstryde eindig Sondag en die halfeindstryde vind op die 15de en 16de plaas. Die eindstryd word op Sondag die 19de in Ahmedabad gespeel.