Kodwa wens Kani geluk

Die buurland se minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, het die bekende akteur en dramaturg, John Kani, gelukgewens nadat hy aangewys is as ‘n ere-offisier van die Voortreflikste Orde van die Britse Ryk. Kani het tydens sy loopbaan oor ses dekades erkenning verdien in teater, rolprente en televisie en ‘n blywende nalatenskap in Hollywood en Britse teater agtergelaat. Die woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Kodwa prys Kani se beduidende uitwerking op globale teater en die erkenning van sy buitengewone prestasies in die veld.