Stad Windhoek kan nie grond weggee nie
Die Stad Windhoek kan nie bekostig om grond gratis weg te gee nie, alhoewel dit makliker sal wees om die grond teen ‘n minimale heffing te verkoop as die regering die diens van die grond subsidieer. Dit is volgens die Stad se hoof uitvoerende beampte, Moses Matyayi, wat in ‘n vergadering met die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, gesê het die Stad sukkel om gedienste grond aan inwoners te lewer weens ‘n gebrek aan fondse. Hy voeg by dat grond nie in ‘n stedelike omgewing weggegee kan word nie, weens die insetkoste verbonde aan die oprigting van noodsaaklike infrastruktuur, insluitend riool- en waterstelsels.