Seibeb vat Kuugongelwa-Amadhila aan oor Gaza

Henny Seibeb, parlementslid van die PDM party, het met eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila in die Nasionale Vergadering slaags geraak oor die regering se wat hy noem selektiewe en teenstrydige standpunte wanneer dit kom by oorloë regoor Afrika. Volgens Seibeb probeer die minister punte wen deur oor die Israel-Palestynse konflik te praat.

Kuugongelwa het daarop geantwoord en gesê die vraag is nie van pas nie en die regering is teen enige konflik gekant wat nie menseregte in ag neem nie.