John Kani deur Koning Charles vereer

Die veteraan Suid-Afrikaanse akteur, John Kani, is namens koning Charles die Derde met die Orde van die Britse Ryk vereer. Die Britse hoëkommissaris in Suid-Afrika, Antony Phillipson, het aangekondig die 80-jarige sal ‘n ere-offisier van die Voortreflikste Orde van die Britse Ryk word ter erkenning van sy uitstaande bydraes tot drama. Hy sê die skrywer, dramaturg en regisseur, met ‘n loopbaan wat strek oor ses dekades, gaan voort om wêreldteaters en rolprentskerms te betower. Kani is verheug oor die gesogte erkenning.