VF+ kritiseer besluit oor Israeli diplomate

Die Vryheidsfront Plus het die regering se besluit gekritiseer, om diplomate vir raadpleging uit Israel te onttrek. Die party dui aan dit is ‘n rookskerm om moontlik diplomatieke bande te verbreek, wat die ekonomie kan benadeel. Die party waarsku hierdie stap kan negatiewe gevolge hê, gegewe die sterk ekonomiese verbintenisse en waardevolle bydrae wat die Joodse gemeenskap maak met werkskepping. Die partyleier, Pieter Groenewald, sê die besluit kan die persepsie versterk Suid-Afrika skaar hom by minder betroubare state, wat moontlik sy verhoudings met Westerse lande kan beïnvloed.