Myners sê GRN moet hulle ook bystaan
Kleinskaalse myners in die Erongo-streek doen ‘n beroep op die regering om hulle met toerusting by te staan. Hulle sê daar word van hulle vereis om wetgewing na te kom maar, hulle sukkel om hulle werk te doen sonder die korrekte toerusting. Daar word van hulle verwag om tantieme te betaal op hulle verkope van veral edelstene, kopers te registreer en die eindbestemming te rapporteer, sowel as hulle produksievlakke by die ministerie in te dien maar, hulle ontvang nie ondersteuning nie. Kleinskaalse mynbedrywighede is ‘n belangrike ekonomiese komponent van die industrie in die land.