Psemas word (weer) hervorm

Die staat se mediese skema Psemas het die afgelope tyd die nuus gehaal met berigte oor bedrog, miljoene wat verlore gegaan het en wanadministrasie. Die finansministerie sê nou hervormings word toegepas veral in verband met onvolhoubare besteding. Die dienste van ‘n groep konsultante is ingeroep om aktuariële en tegniese bystand te lewer. Dit sluit ‘n hersiening van voordele en bydrae in, sowel as die algehele bestuur van die skema. Die ministerie sê verder 13 miljoen Namibiese dollar in bedrieglike eise is teruggevind met 23 miljoen dollar wat verhaal is by lede wat agterstallig is. ‘n Totaal van 7 miljoen dollar is teruggevind by afgetredenes wat nie geregistreer het vir voordele na aftrede nie.