Groen yster-projek maak opslae
Namibië is gereed om geskiedenis te maak as die eerste land wat groen yster vervaardig deur die innoverende HyIron Oshivela-projek, wat yster vervaardig met geen uitstralings nie. Die minister in die Presidensie, Christine Hoebes, beklemtoon die ontkoling van die staalbedryf is een van die belangrikste globale uitdagings om klimaatsverandering te beveg. Die spesiale gesant van die Duits-Namibiese Vennootskap oor Energie en Waterstof, Rainer Baake, sê die projek posisioneer Namibië as ‘n leier in die groen nywerheids-oorgang.