Dis Chula Chula teen African Stars!

Besigheidsman en voormalige sokker-ster Amos ‘The Rock’ Shiyuka het by ‘n bekendstelling in Windhoek aangekondig dat die verrassingspaket in vanjaar se sokker premierliga, Eeshoke Chula Chula, teen African Stars te staan gaan kom in die Dr Hage Geingob-beker kompetisie. Die wedstryd word op 18 November by Onafhanklikheid-stadion gespeel en die afskop sal om 4-uur wees. Chula Chula is in ‘n S-M-S stemmery deur sokkergeesdriftiges gekies om teen Stars te speel. Die span het gewen met 11 217 stemme. Die span met die tweede meeste stemme was Blue Waters met 9 658, gevolg deur Khomas Nampol met 1 740 stemme.