SA gesondheidsplan ‘sal nadelig wees’
AfriForum beklemtoon in ‘n nuwe navorsingsverslag die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering kan ernstige gevolge hê. Die navorsing skets die potensiële impak, insluitende ongelykheid wat sal vererger, bykomende finansiële druk op belastingbetalers en die risiko dat mediese kundigheid die land verlaat indien dit ingestel word. Die burgerregte-organisasie kom tot die gevolgtrekking die stelsel sal nadelig wees vir die ekonomie asook die welstand van die meeste landsburgers. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, hoop die verslag sal wanopvattings tydens voortgesette parlementêre gesprekke oor die wetsontwerp uitklaar.