Deloitte doen ‘n opname oor olie- en gasbedryf
Deloitte Namibia is besig met ‘n industriële basislynstudie vir die stroomop olie- en gasbedryf namens Total Energies EP Namibia B.V. en Shell Namibia. Hul vraelys fokus op die huidige voorsieningskapasiteit van Namibiese belanghebbendes, die rol wat hulle in die mark speel, en hul potensiaal om te diversifiseer. Die kapasiteit sal vergelyk word met die potensiële behoeftes van toekomstige olie- en gasprojekte en daadwerklike stappe sal geïdentifiseer word om gapings te oorbrug. Kosmos 94.1 Nuus het met Melanie Harrison, die landsleier by Deloitte Namibië, gepraat oor die belangrikheid van die studie.