Aktivis vir Palestina gearresteer

ʼn Jong Palestynse aktivis, Ahed Tamimi, is in Israeliese aanhouding nadat sy gevra het Joodse setlaars aan die Wesoewer moet uitgemoor word. Die 22-jarige is glo ‘n simbool van die stryd teen Jerusalem se beleid in die Palestynse gebiede. Sy is in 2018 tronkstraf opgelê omdat sy ‘n lid van die Israeliese Weermag beledig het, en versprei video’s en foto’s waarin sy soldate in haar tuisdorp aanval. In verlede week se plasings het Tamimi Jode gewaarsku haar mense wag vir hulle, van Hebron tot Jenin.