Uraan-ontginning: Regering moet intree en sê oor water
Sommige leiers in die Aminuis-kiesafdeling is sterk gekant teen die voorgestelde ontginning van uraan langs die Stampriet-akwifeer al is hulle oorsee geneem om UraniumOne se prosesse waar te neem. Hulle sê die waterdraer is een van die enigste komme wat water aan gemeenskappe verskaf, en die ontginning van uraan kan die water besoedel. Die eksplorasiewerk van UraniumOne, Headsprings se moedermaatskappy, het groot opposisie uitgelok. In hierdie stadium kan die Russe voortgaan met die toetsing van bestaande grond- en rotsinstallasies, maar is verbied om vir water te boor. Die ondervoorsitter van die Stampriet waterdraer-uraanmynvereniging, Kuzaatu Uandara, sê hulle wil versekering van die regering oor hul water kry.