Amptelike herdinkingsdiens vir Ahtisaari

Die informasie-ministerie kondig aan dat die amptelike herdinkingsdiens van die ontslape voormalige president van Finland, Martti Ahtisaari, môre in die parlementstuine in Windhoek sal plaasvind. Ahtisaari is op 16 Oktober in Helsinki, Finland in die ouderdom van 86 oorlede. Hy is welbekend in Namibië nadat hy as spesiale verteenwoordiger van die Verenigde Nasies, die organisasie se oorgangshulpgroep, bekend as Untag, gelei het. In hierdie rol het hy deelgeneem aan mediasie tydens Namibië se oorgang na onafhanklikheid tussen 1989 en 1990. Die seremonie vind om 2-uur plaas.