SA onttrek diplomate uit Israel
Die buurland se kabinet het die onttrekking van alle Suid-Afrikaanse diplomate uit Tel Aviv in Israel bevestig, vir verdere raadpleging na aanleiding van die voortslepende konflik in Gaza. Die regering sê dit volg op Israel se weiering om internasionale wetgewing en humanitêre bekommernisse te respekteer. Die konflik tussen Israel en Hamas het ‘n hoë dodetal opgelewer. Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die aanvalle op Gaza word as volksmoord beskou en nog ‘n slagting kan nie onder die toesig van die internasionale gemeenskap toegelaat word nie.