Namibië haal nie vleis-uitvoerkwota na Noorweë

Die Vleisraad het aan die lig gebring dat 52,03 persent meer beeste in die derde kwartaal bemark is vergeleke met dieselfde kwartaal in 2022. Dit kan onder meer toegeskryf word aan ‘n toename in beeste wat deur uitvoergoedgekeurde abattoirs geslag word, wat hul totale uitset meer as verdubbel het. Namibië en Botswana deel ‘n jaarlikse beesvleis uitvoerkwota na Noorweë van 3 200 ton, maar gebaseer op Vleisraad-geklaarde besendings, het Namibië slegs 911,21 ton teen die einde van September gelewer. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landboukenner Wallie Roux gesels oor die rede hiervoor.