Djokovic vat Parys Meesters

Die wêreld se nommer-een Novak Djokovic het sy rekord by die Parys Meesters verbeter nadat hy Grigor Dimitrov in die eindstryd geklop het vir sy sewende toernooi-oorwinning. Die Serwiër het die Bulgaar met 6-4, 6-3 verslaan en daarmee die eerste speler geword om 40 Meesters-eenduisend-titels in te palm. Dit is die 36-jarige se sesde titel vanjaar, wat drie Grand Slams en die Meesterstitel in Cincinnati insluit. Djokovic sê dit voel ongelooflik om te kan wen nádat hy uitdagende omstandighede tydens die toernooi moes oorkom: