Ongerymdhede met N$400m tender aan August 26

Die akkerbou-bemarkings- en handelsagentskap, Amta, het ‘n tender vir klere, ter waarde van 400 miljoen Namibiese dollar aan August 26, die Namibiese weermag se kommersiële vertakking, toegeken. Volgens die Tender Bulletin, is daar geen openbare verkrygingsproses in die toekenning toegepas nie. Amta se tussentydse rekeningsbeampte, Percy Misika het op 13 Oktober die maatskappy laat weet dat hy die suksesvolle bieër was maar, daar was geen advertensies geplaas vir die tender nie en daar is geen openbare rekord van die tender nie. August 26 is ook nie ‘n openbare maatskappy nie en is as privaatentiteit geregistreer, dus moes die tender deur die verkrygingsraad hanteer word.