Erongo-streek maak reg vir feestyd

Die Erongo-streek in die westelike deel van Namibië is een van die besigste dele van die land gedurende die feestyd. Namibiërs en buitelandse vakansiegangers stroom almal na die streek, met sommige wat by die see gaan afkoel, terwyl ander die magiese woestyn gaan beleef. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die streek, Neville Andre, gesels oor hul voorbereidings rakende besoekers se veiligheid.