Dokumentêr oor Boksukses kom volgende jaar

Die Springbokke se verowering van die Wêreldbeker vir ʼn ongekende vierde keer word weer in ʼn dokumentere reeks vasgelê. Chasing the Sun 2 sal na verwagting iewers volgende jaar vrygestel word, na die vrystelling van die baie gewilde eerste weergawe nadat die Springbokke in 2019 die toernooi in Japan gewen het. Dit beeld die Bokke se reis na die titel uit, insluitend insigte en beeldmateriaal van die kleedkamers wat ondersteuners gewoonlik nooit sien nie. SuperSport vervaardig ook die nuwe reeks en vertoon tans die eerste reeks op Sondae.