‘Net samewerking kan misdaad bekamp’

Drie verdagtes is vanoggend in Walvisbaai aangekeer nadat die polisie in kennis gestel is dat hulle toeriste en bank-kliënte agtervolg wat kontant getrek het. Dit het toe aan die lig gekom dat die drie gesoek word vir gewapende rooftogte in die noorde. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gesels, wat sê dit bewys dat net samewerking deur almal in die land misdaad kan bekamp.