Kodwa stel Protea-Vrydae bekend
Krieket: Die buurland se minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, stel môre in Kaapstad Protea-Vrydae bekend. Die Proteas het waarskynlik reeds genoeg gedoen om die Wêreldbeker-halfeindstryd in Indië te haal ná gister se indrukwekkende oorwinning van 190 lopies oor Nieu-Seeland. ʼn Plek is gewaarborg indien hulle een van die twee oorblywende wedstryde wen, maar ander uitslae kan hulle ook ʼn plek verseker sonder nog ʼn sege. Die departement se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Kodwa is trots op die Proteas se prestasie in die Wêreldbeker: