Blade en Unisa moet vrede maak – aktivis
Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ʼn beroep op die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om ʼn manier te vind om die verhouding met Unisa se bestuur te herstel. Die hof in Pretoria het die minister beveel om sy besluit om die instelling in sakeredding te plaas, terug te trek. Makaneta sê die voortslepende moddergooiery sal ʼn negatiewe uitwerking op studente hê indien dit ongebreideld voortgaan: