Netbal: Namibiese gemengde Loonies-span op pad Kaap toe vir Winelands Tens

Namibië is verteenwoordig in die komende netbal-toernooi, die Winelands Tens wat môre in die Paarl afskop. Die gemengde netbalspan, die Loonies, bestaan uit mans en vroue, vyf Namibiërs en vyf Suid-Afrikaners. Die toernooi vorm deel van die Cape Town Tens en die span sal môre aan drie wedstryde deelneem, so ook Saterdag en dan is dit die uitspeel wedstryde. Martenique Louw, die Loonies se spanbestuurder het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.