Ontevredenheid in NV oor Verkiesingswet-wysigings

Die kabinet het voorgestelde wysigings van afdeling 5 van die Verkiesingswet goedgekeur. Stedelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni, het in die Nasionale Vergadering aangekondig dat die registrasie van kiesers in terme hiervan voor Augustus volgende jaar moet plaasvind. Hy het ‘n mosie ingedien om die datums van kiesersregistrasie van April tot Julie volgende jaar vas te stel. Vele parlementslede was ontevrede oor die wysiging en die leier van die opposisie, McHenry Venaani, het sy sentimente oor die wysiging so verwoord: