Veganiste fokus op volhoubare lewe

Veganiste regoor die wêreld vier Wêreld Veganisme-dag deur die verandering van diere-gebaseerde na plantgebaseerde diëte te bevorder. Dit word gedoen in ‘n poging om te fokus op ‘n volhoubare lewe en ‘n gesonder leefstyl. Volgens die Veganiste-vereeniging is veganisme ‘n manier van lewe wat poog om alle vorme van uitbuiting en wreedheid teenoor diere, hetsy vir kos, klere of enige ander doel uit te sluit. Die dag bevorder die ontwikkeling en gebruik van dierevrye alternatiewe tot voordeel van diere, mense en die omgewing.