Kredietverlening neem skerp af

Kredietverlening aan die private sektor het in die derde kwartaal tot die laagste koers verlangsaam, volgens ‘n verslag van Simonis Storm. Dit het in September met ‘n skamele 1,6 persent op ‘n jaar-tot-jaar grondslag toegeneem, vergeleke met 2,6 persent jaar-tot-jaar in Julie en 2,2 persent jaar-tot-jaar in Augustus. Dit bring die gemiddelde kredietverlening in die derde kwartaal te staan op 2.1 persent op ‘n jaargrondslag, laer as die 4.2 persent-gemiddeld in dieselfde kwartaal verlede jaar. Volgens Bank of Namibia (BoN) is die lae groei te wyte aan lae kredietaptyt van die private sektor tesame met hoër netto terugbetalings.