Padfonds-administrasie se vyfjaar strategiese plan bekend gestel

Die Padfonds-administrasie het vanoggend sy volgende vyfjaar strategiese plan in die hoofstad bekend gestel. Die hoofdoel van die byeenkoms is die bespreking van die befondsing op die land se nasionale padnetwerk. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, wat sy kommer uitgespreek het oor die verlies in brandstofheffings, sê dat die administrasie se inkomste met 16,5 persent in die afgelope boekjaar gestyg het.

Ipinge sê dat die verlies aan daardie inkomste, met heffings wat met 50 persent gesny is na 74 sent ‘n liter, beloop miljoene wat benut kon word die padinfrastruktuur.