Ministerie verduidelik rits gesondheidstenders
Nadat ‘n reeks tenders vir die gesondheid ministerie in koerante geadverteer is, het Kosmos 94.1 Nuus by die ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, meer gaan uitvind. Nangombe het verduidelik dat die ministerie op soek is na langtermynverskaffers om ad hoc-tenders wat net ‘n kort rukkie duur te voorkom. Dit is om dit makliker te maak om voorraad op te bou.