Eben Etzebeth se nuwe kapsel is weens belofte…

Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê sy nuwe haarstyl is weens ‘n belofte wat hy ‘n paar weke gelede aan sy spanmaat, RG Snyman, gemaak het. Hy het onderneem om ‘n haarstyl soortgelyk aan Snyman s’n te kry indien die Bokke die Wêreldbeker wen. Etzebeth sê Snyman het hom Sondag in die vroeë oggendure aan die belofte herinner terwyl hulle Suid-Afrika se vierde titel gevier het. Hy sê hy is ‘n man van sy woord, en nog ‘n Bok, Damian Willemse, het haarkapper gespeel. Etzebeth sê sy vrou, Anlia, hou daarvan en as sy gelukkig is, is hy gelukkig.