Drie weke & 3 200 kinders dood in Gaza
Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê ʼn onmiddellike humanitêre skietstilstand in die Midde-Ooste is vir miljoene mense ʼn saak van lewe of dood. Volgens Save the Children is byna 3 200 kinders die afgelope drie weke in Gaza dood wat meer is as die getal kinders wat sedert 2019 jaarliks in die wêreld se konflikgebiede gesterf het. Philippe Lazzarini van die VN sê die stelsel wat hulp na Gaza moet vervoer is gedoem, tensy daar politieke wil is om ʼn toevloei van voorrade toe te laat wat aan die ongekende humanitêre behoeftes voldoen.