Cyril hou belofte, verklaar 15 Desember as vakansiedagOctober 31, 2023

President Cyril Ramaphosa het die 15de Desember tot ‘n openbare vakansiedag in Suid-Afrika verklaar ter viering van die Springbokke wat die Rugby Wêreldbeker vir ‘n rekord vierde keer gewen het. Dit is ook ter viering van die prestasies van ander sportmanne en -vroue insluitend die Proteas en Banyana Banyana. Ramaphosa het tydens sy boodskap aan die nasie gesê hy weet baie mense wil nou ‘n openbare vakansiedag hê, maar die land se matrikulante moet die tyd gegun word om op hul eksamens te fokus: