Ouers moet help met skoolverlater-eksamens
Nie net in Namibië is leerders besig om hul skoolverlater-eksamens te skryf nie. Die finale matriekeksamen het vandag in die buurland begin, met die Engelse vraestel een. Khume Ramulifho van die DA sê ouers en gemeenskappe moet die nodige ondersteuning bied om te verseker dat leerders hulself goed voorberei vir elke vraestel. Hy sê hulle moedig ook leerders aan om te studeer, gedissiplineerd te bly en die versoeking te weerstaan om oneerlik te wees.