Jordanië vra VSA vir Patriot-stelsel vir verdediging
Jordanië het Washington gevra om Patriot-lugverdedigingstelsels te ontplooi om sy grensverdediging te versterk. Amerikaanse Patriot-missiele is in 2013 in die koninkryk gestasioneer ná ‘n opstand in die noordelike buurland Sirië waar die koninkryk gevrees het dat ‘n burgeroorlog kan oorspoel en ‘n streekskonflik kon veroorsaak. Jordanië is al hoe meer senuweeagtig dat Israel se meedoënlose bombardement op Gaza in ‘n groter konflik kan uitbrei. Patriot, word as een van die mees gevorderde Amerikaanse lugverdedigingstelsels beskou.