Nam, SA is nie op Rusland se vriendelike lys nie 

Die Russiese eerste minister Mikhail Mishustin het vandag aangekondig Rusland sal ’n vereenvoudigde prosedure skep vir burgers en maatskappye van “vriendelike” lande om daar te belê. Mishustin sê entiteite uit ‘n lys van 25 lande sal toegelaat word om bankrekeninge in Rusland te open en deposito’s te maak via ‘n vereenvoudigde prosedure. Die lys van 25 lande sluit nie Namibië of Suid-Afrika in nie maar eerder lande in die Midde-Ooste, die ou Oosblok in Europa en Suid-Amerika in.