DA sê Motshekga moet waai, sy het mislukOctober 30, 2023

Die DA sê die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, moet afgedank word. Die party sê sy slaag steeds nie daarin om gehalte-onderrig aan Suid-Afrika se jeug te verskaf nie. ʼn Woordvoerder van die party, Baxolile Nodada, sê die minister se mislukking dra by tot die 3,4 miljoen jong mense wat nie werksgeleenthede, onderwys of opleiding ontvang nie, en die meer as 60 persent 15-tot-24-jariges wat glad nie werk het nie. Hy sê onderrig van swak gehalte en leerders se gebrek aan basiese syfer- en lees-vaardighede is ook baie kommerwekkend: