Guterres vra weer vir skietstilstandOctober 30, 2023
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het sy oproep herhaal dat ʼn skietstilstand onmiddellik in Gaza afgekondig word, dat alle gyselaars vrygelaat, en humanitêre hulp in die gebied verleen word. Israel bombardeer Gaza sedert die sewende van die maand nadat 1 400 mense deur Hamas vermoor en 230 gyselaar geneem is. Die Hamas-beheerde ministerie van gesondheid in Gaza sê meer as 8 000 mense is dood sedert Israel se wraak-aanvalle begin het. Guterres says sê kragtens oorlogswette moet menselewens beskerm en humanitêre bekommernisse gerespekteer word.