ATP: Drie plekke oop soos Parys Meesters beginOctober 30, 2023
Die wedloop na Turyn word hierdie week in Parys voortgesit wanneer die Parys Meesters begin. Vyf spelers, Novak Djokovic, Carlos Alcaraz, Daniil Medvedev, Jannik Sinner en Andrey Rublev het reeds hul plek bespreek in die ATP-finaal wat in Turyn in Italië gespeel word. Op die oomblik is Stefanos Tsitsipas, Alexander Zverev en Holger Rune in die laaste drie kwalifiserende plekke, maar spelers soos Taylor Fritz, Hubert Hurkacz en Casper Ruud staan egter steeds ʼn kans om hierdie week in Parys te kwalifiseer.