Jannie de Beer sê daar’s hoop vir ‘n Bok-oorwinning

Vir die eerste keer sedert 1995 sal die Springbokke en All Blacks mekaar weer in ‘n Wêreldbeker-eindstryd ontmoet, en die wenner sal die 2023-titel huis toe neem. Geskiedenis sal vanaand gemaak word wanneer een van Nieu-Seeland of Suid-Afrika die eerste viermalige wenners van die Wêreldbeker-rugbytoernooi word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jannie de Beer, ‘n afgetrede Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat hoop daar is ‘n oorwinning vir die groen en goud.