Windhoekers moet begin water bespaar

Windhoekers moet dringend begin om hul waterverbruik af te skaal. Daar is net 28 persent waterbronne oor in die drie sentrale damme wat Windhoek voorsien, volgens die jongste damverslag. Met die huidige warm weer het Stad Windhoek ook hoë waterverbruik in die stad aangeteken. Die weeklikse verbruiksteiken was 422 877 kiloliter, maar die werklike verbruik was 516 556 kiloliter. Huishoudelike waterverbruikers wat meer as 40 kiloliter, of 40 000 liter, water per maand gebruik, sal amptelik in kennis gestel word om besparingsmaatreëls in te stel. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gepraat.