Jhb-hof sê kraamverlof van 4 maande vir alle ouers

Die Hooggeregshof in Johannesburg het dele van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Werkloosheidsversekering ongrondwetlik verklaar. Die hof het bevind wat kraamverlof betref, diskrimineer die wette teen ma’s, pa’s, surrogaatouers en ouers wat kinders aanneem. Die verklaring van ongrondwetlikheid is vir twee jaar opgeskort om die parlement tyd te gee om die wetgewing reg te stel. Regter Roland Sutherland het intussen beslis alle ouers is geregtig op vier maande kraamverlof mits hulle tot die Werkloosheidsversekeringsfonds bydra.