Brandmerk-registrasie sperdatum kom aan
Die Namibiese Landbou-unie herinner alle veeboere met brandmerke dat die sperdatum vir die registrasie daarvan op 31 Oktober is. Die Direktoraat Veeartsenydienste het reeds in Julie die opdateringsveldtog van stapel gestuur. Dit kom na daar bevind is daar is ‘n groot aantal brandmerke wat nie meer gebruik word nie sowel as verouderde inligting oor vee-eienaars. Die NLU sê enige brandmerke wat nie teen 31 Oktober opgedateer is nie, tydelik opgeskort sal word.