Derduisende ontheem in Mosambiek

Mosambiek huisves ongeveer 25 000 vlugtelinge en asielsoekers, terwyl 850 600 mense intern ontheem is weens geweld en die impak van die klimaatkrisis. Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge sê hy het 47,5 miljoen Amerikaanse dollar nodig om die gemeenskappe by te staan. Die kommissaris sê 51 persent van die ontheemdes is vroue en kinders met swak lewensomstandighede en ‘n gebrek aan toegang tot basiese dienste.