Prikkel jou oë en ore met die ongelooflike “MSG Sphere” in Las Vegas

Die MSG Sphere is ‘n massiewe musiek- en vermaaklikheidsarena wat geleë is in Paradise, Las Vegas, Nevada. Die “MSG Sphere” is letterlik ‘n massiewe TV skerm wat om ‘n groot skare vou soos ‘n bal. Die ouditorium het 18 600 sitplekke wat ‘n 16K-resolusie omvou-LED-skerm het, met luidsprekers en 4D-fisiese effekte. Die arena se buitekant het ook 54 000 vierkante meter se LED TV-skerms. Die Sphere is ‘n 112 meter hoog en het ‘n deursnee van 157 meter. Konstruksie het begin in 2019 met die opening wat aanvanklik vir 2021 beplan was. Konstruksie was deur die Covid-19-pandemie belemmer. Die Sphere het uiteindelik op 29 September 2023 sy deure oopgemaak met die Ierse rock-groep se vertoning “Achtung Baby”. Die regisseur Darren Aronofsky se doku-film “Postcard from Earth” het op 6 Oktober 2023 ook daar verskyn.