Halaal Trust sertifiseer nie meer Israel se goedere nie

Die Moslem Regterlike Raad se Halaal Trust in die buurland sê hulle het ʼn beleid aanvaar om nie goedere en dienste uit Israel te sertifiseer nie. Dit is ʼn poging om alle Israelse maatskappye en produkte te boikot. Dit sal na verwagting groot plaaslike en internasionale gevolge hê. Die menseregteorganisasie #Africa4Palestine sê dit sal Israelse maatskappye en produkte van belangrike markte wêreldwyd isoleer en groot finansiële gevolge inhou. Hy sê Israel betaal vir sy geweld en mishandeling van Palestynse mense.