Tshwane het kommer oor onderbrekings in MIV-behandeling
Terwyl Namibië uitstekende vordering maak in die behandeling van MIV en vigs, sê die Stad Tshwane hy is bekommerd oor die toename in mense wat MIV het, maar hulle behandeling met antiretrovirale middels onderbreek. Suid-Afrika het een van die grootste antiretrovirale programme in die wêreld. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê ten spyte daarvan dat behandeling by openbare geriewe gratis is, keer hoë vervoer- en lewenskoste mense om die klinieke te besoek om hulle medisyne te gaan haal: