Gaza: Vergrype moet end kry, tweestaat-oplossing moet ontwikkel word

Die voormalige Britse minister van buitelandse sake Jack Straw sê daar sal geen vrede in die Midde Ooste wees voor ‘n nuwe, tweestaat-oplossing geskep is en ‘n werklikheid gemaak word nie. Hy sê die huidige stand van sake wat menseregte vergrype aanvaarbaar maak moet end kry.